5GIG OF HOSTING AND FREE EMAIL ADDRESS FOR LESS THAN R30 PER MONTH!
YOUR OWN DOMAINNAME FOR ONLY R7 PER YEAR! CLICK HERE NOW!
(pay per credit card in US$ and save! International hosting company Owned by ClickKliek and managed from right here in Bloemfontein!)

DIT is tyd vir die groot dag. Almal kan kom, behalwe Chris en Penny – en soos almal weet, is hulle op al wat ’n troue is, so hulle kan joune nie mis nie.

In die verlede kon jy vir hulle die video of DVD ná die troue stuur, maar dit is net nie dieselfde nie. Dit is altyd lekker om iets te sien wanneer dit plaasvind.

Dis reeds moontlik om video’s op die web te laai sodat ander daarna kan kyk, maar daar was nog altyd ’n groter behoefte aan regstreekse video’s.

Vroeër kon jy met R100 000 se hardeware só ’n video op die web laai, maar dit was net te duur.

Nou kan almal dit doen en al wat jy nodig het, is die bandwydte om die video op die web te laai. Ustream.tv het ’n wonderlike nuwe diens wat die wêreld gaan verander. En dit is ongelooflik maklik.

Jy registreer jou gratis vir die diens by www.ustream.tv. Dan prop jy jou webcam of ander videokamera by jou rekenaar in en deur ’n paar stappe te volg begin jy regstreeks uitsaai.

Ek dink die potensiaal van hierdie diens is groot: Troues, prysuitdelings by skole, gradeplegtighede, kongresse of sommer net om vir almal te wys wat jy heeldag aanvang.

Daar is ook baie uitsendings waarna jy kan gaan kyk soos die uitsending van die Gustavus Corpse-blom (Titan Arum) wat nou blom. Dit is een van die grootste blomme en die plant neem 12 tot 14 jaar voordat dit die eerste keer blom.

Jy moet ongelukkig hoëspoed-internet hê om hierdie diens te geniet.

Buy SA Wine