EK is so gelukkig om onbeperkte bandwydte by my huis te hê. Ek haat die reeks advertensies wat op televisie is, maar gelukkig is ek nie by die diensverskaffer met die aaklige advertensies nie.
Die enigste nadeel van onbeperkte internettoegang is dat die internetdiensverskaffers nou van die dienste op die internet se spoed beperk.
Die groot ding wat hierdie mense nie besef nie, is hulle beperk basies net die wettige en getroue gebruikers en dat daar altyd ’n manier is om meer spoed uit jou konneksie te kry.
Ek het vandag byvoorbeeld gehoor van ’n nuwe diens wat dit nou vir jou moontlik maak om jou torrent-lêers blitsig van die internet af te laai sonder om bekommerd te wees dat dat dit weke gaan duur vir die lêer om by jou uit te kom.
Die internetdiensverskaffers probeer hard om die spoed van torrent-dienste te beperk.
Daar is egter nou ’n diens beskikbaar wat dit vir jou moontlik gaan maak om die lêers baie maklik en vinnig af te laai. Dit is belangrik vir my om net te sê jy moet nie rolprente en musiek onwettig aflaai nie. Bly by dit wat wettig is.
Die diens wat ek aanbeveel om spoed in jou torrents te sit is www.downstorm.co.za. Jy sal nie spyt wees as jy die diens gebruik nie.
Ek gaan nie verduidelik hoe om die diens te gebruik nie, want indien jy weet wat ’n torrent-lêer is, sal jy maklik kan sien wat om te doen.
Laat weet my wat jou ervaring van die diens is. Onthou ook om die aflaai-program by www.freedownloadmanager.com af te laai en saam met die diens te gebruik.
Hierdie twee dienste bring weer die spoed na jou konneksie terug.