DIE afgelope week of twee het ons almal op die plaaslike radiostasie gehoor dat ons moet Womf. Maar wat op aarde kan hierdie “gewomfery” nou eintlik wees? Womf staan vir Word Of Mouth Forum.
Soveel keer gebeur dit dat ek geweldig ontevrede is met diens wat ek by een of ander onderneming ontvang het en dan wil ek dit graag aan die hele land verkondig en verseker dat dit nie aanhou gebeur nie. Daar is ook ander tye wat ek sulke goeie diens ontvang dat ek die hele wêreld na hierdie onderneming wil stuur om te verseker dat almal in hierdie goeie diens kan deel. Die vraag was altyd hoe doen ek dit? Hoe nou gemaak?
Wel, nou is daar Womf. Hierdie webblad is die antwoord. Hier kan jy jou registreer en jou mening uitspreek oor dienste en produkte en sê of jy gelukkig was of nie. Jy kan ander gebruikers waarsku en seker maak dat niemand anders die foute maak wat jy gemaak het nie. So leer ons uit mekaar se foute.
Dit is belangrik dat soveel as moontlik mense egter aan hierdie forum deelneem aangesien die sukses van so forum daarop gegrond is dat massas mense dit bestuur en reguleer. Met lae syfers kan jy nie noodwendig ‘n eerlike en ware opinie verseker nie.
Mense in die streek moet dus hul beste pogings aanwend om aktief betrokke te raak en te verseker dat “diens” en “gehalte” weer ‘n voorkeursaak by ondernemings in die streek word.
Besoek vandag nog www.ofm.co.za en kliek op die skakel na die Womf-blad.
Ek hoop dat ons binnekort nog ‘n groot aantal van hierdie webbladsye plaaslik sal sien.