n NUWE projek is onlangs bekend gestel om Podcasting in Suid-Afrika te bevorder. Get Podcasting (www.getpodcasting.co.za) is daarop gemik om lede van die publiek die geleentheid te gee om hul eie podcasts te skep en dan op die blad te plaas.

 

Ander gebruikers kan dan maklik daarna gaan luister en beoordeel hoe goed dit is. Apple Inc, Mini, 5fm en Coca-Cola is die borge van hierdie projek en jy kan daagliks groot pryse wen.

Jy neem jou eie podcast (oudio of video) op en nadat jy jou gratis geregistreer het, laai jy dit op die blad.

Ander gebruikers kan dan na jou podcast gaan luister of daarna kyk en hulle kan dit beoordeel. Daar is R250 000 se pryse wat gewen kan word.

Staan elke dag ’n kans om ’n iPod Shuffle te wen. Al wat jy hoef te doen is om na die ander podcasts te luister en te beoordeel. Dit kan nie makliker wees nie.

Gaan vandag nog na die blad om te luister en te kyk!

En indien jy iets het om te sê, neem dit op en plaas dit op die blad vir ons almal om na te luister.

Jy kan dalk binnekort beroemd wees.

Het jy al jou gratis faks-tot-e-pos-nommer gekry? Sover het 200 lesers reeds hul gratis faks-tot-e-pos-nommers ontvang.

Indien jy nog nie jou nommer het nie, tik jou naam en van in ’n e-pos en stuur dit aan info@clicksa.co.za. Die diens is gratis en maak dinge sommer baie makliker. Dit kan jou onderneming honderde rande per maand bespaar.

Please remember to listen to the ZA Show Podcast  from Cape Town! Please vote for this podcast!