Jy wil dalk groot dinge in jou lewe behaal en jy wil groot dinge doen, maar die finansies sorg dat jy net hier onderlangs klein dingetjies kan aanpak en skaars n duik maak in die samelewing.

Veral in hierdie ekonomiese tye kan dit moeilik wees. Sagteware kan ‘n duur belegging wees en met die ontwikkeling op tegnologiese gebied kan jy amper seker wees dat die sagteware waarvoor jy nou betaal more amper weer oud gaan wees.

Dit is dus belangrik vir jou om jou huiswerk goed te doen en mooi te kyk na goedkoper en ook gratis alternatiewe voor jy op ‘n sagtewarepaket besluit.

Daar is darem ‘n webblad wat hierdie keuses vir jou makliker kan maak. www.alternativeto.net <javascript:void(‘http://www.alternativeto.net’);> Is die webblad waar jy nie net meer inligting oor alternatiewe sagteware kan kry nie, maar jy kan ook jou ervarings met ander gebruikers deel.

Op hierdie webblad sal jy die goeie en die slegte ervarings van gebruikers kan sien. Voor jy dus koop kan jy gerus eers alternativeto.net besoek om seker te maak jy kry waarde vir jou geld.

Daar is deesdae baie sagteware op die mark en ons is geneig om altyd na dieselfde handelsname te gryp alhoewel dit nie altyd die beste sagteware vir n spesifieke doel is nie. Dit is dalk tyd om eers al die alternatiewe ook in ag te neem. Dalk word jy angenaam verras.

Dinsdagaand was daar die eerste keer ‘n 27Dinner in Bloemfontein en die aand was ‘n perfekte afskop vir ‘n gereelde instelling op die
Bloemfotein kalender. Teken nou reeds die 27ste Februarie in jou dagboek aan wanneer ons weer lekker saam gaan netwerk en kuier.

Posted via email from nico’s posterous