Ek is een van die mense wat in spanning sit en wag het vir ASTV om amptelik te begin met hul uitsendings. Die nuwe Afrikaanse Sateliet Televisiekanaal sou reeds aan die einde van 2009 begin uitsaai het, maar met ‘n aantal probleme vanaf diensverskaffers kon hulle nie soos beplan met uitsendings begin nie.

Dit is wonderlik dat daar ‘n nuwe Afrikaanse televisiekanaal die lig sien. Ek het navraag gedoen en indien daar nou al ooit ‘n winskoop was met die aankoop van advertensietyd op ‘n televisiekanaal dan is dit op ASTV. Indien jy ‘n besigheid begin of wil uitbrei kan ek werklik aanbeveel dat jy www.astv.co.za besoek vir meer inligting oor die pakette wat beskikbaar is.

Vir jou om ASTV gratis op te vang moet jy ‘n satelietdekodeerder he. Indien jy reeds ‘n satelietdekodeerder het kan jy dit maklik instel. Dit is net ‘n paar stappe en as jy kan lees sal jy dit regkry. Gaan vandag nog na www.clickkliek.com vir die skakel na die stappe wat jy kan volg.

Ek glo hierdie is net die eerste van vele kanale wat ons binnekort sal sien. Die dae waar slegs een of twee maatskappye alles wat ons kan kyk beheer is binnekort getel. Met die daling van Internet pryse en die verhoging van die spoed van die Internet gaan ons ook binnekort ‘n hele aantal Internet gebaseerde kanale sien. Jy kan nou al reeds deur ‘n aantal gratis Internetdienste jou eie radio en televisiekanale skep.

Vir nou dink ek moet ons fokus om hierdie gratis televisiekanaal te ondersteun. Hoe meer steun hulle ontvang hoe vinniger sal ons ‘n toename van hierdie gratis dienste sien.

Kliek op hierdie skakel om te sien hoe jy jou dekodeerder moet instel http://www.astv.za-host.co.za/Hoe.aspx