Jy het nou jou fotos geneem, én het hulle verwerk en jy het jou blog opgestel soos ek twee weke terug geskryf het.
Jy moet nou verseker dat mense van jou weet. Ek sal in ’n volgende rubriek skryf oor al die maniere waarop jy geld kan maak met jou foto’s.
Hier is ’n paar basiese gedagtes oor hoe jy sosiale netwerke kan gebruik om jou naam te bou. Skep aanhangerblad (fanpage) op Facebook. Vertel meer oor jouself en plaas ’n aantal fotos daar vir mense om te sien. Maak seker dat jy nie al jou fotos op dag een probeer oplaai nie. Nooi jou vriende om deel te word van jou fanpage en vra hulle om ook hul vriende te nooi.
Skep ’n Twitter-profiel en laat weet mense wanneer jy nuwe foto’s op jou blog laai. Nooi mense om jou te volg op Twitter.
Jy moet onthou dat al hierdie sosiale netwerke saam moet werk om jou naam te bou op die Internet. Die volgende netwerk wat kan jy inspan is Linkedin. Dit is ’n baie professionele netwerk en binne die netwerk kan jy ook aan groepe behoort wat jou toegang sal gee tot mense wat belangstel in fotografie en wat heel moontlik jou dienste sal wil gebruik.
Hierdie is net ’n paar van die beskikbare netwerke wat jy kan gebruik. Jy kan ook Flicr.com en ook selfs YouTube.com gebruik. Gebruik sommer ’n gratis program soos Photostory om jou foto’s in videos te verander wat mense se aandag sal trek.
Gebruik jou netwerk, maar moet hom nie misbruik nie. Onthou dit is ‘n stadig proses.
. Nico Baird is nuwe-media kenner en kan gekontak word by nico@clicksa.co.za