Ek bieg, ek het ‘n sepie-kyker geword.  Ek was nooit een wat elke aand voor die kassie gesit en na ‘n sepie kyk nie, maar deesdae kyk ek wat alls in “die laan” gebeur.
Wie sou kon dink dat ek ‘n onderwerp vir ‘n rubriek in ‘n “sepie sal kry.
Deesdae het ons almal ‘n hele paar wagwoorde om te onthou en dit kan soms moeilik raak om rekord te hou van al die wagwoorde.  Ek self besef dat ek elke keer wanneer ek ‘n profiel op die web skep, weereens ‘n nuwe gebruikersnaam en wagwoord moet kies.  Dit was maklik aan die begin want ek het standaard gebruikersname en wagwoorde gebruik, maar soos sekuriteit op die web belangriker geword het het die voorskrifte vir die skep van hierdie wagwoorde al hoe meer ingewikkeld geraak.
Dit is natuurlik baie belangrik om vandag jou identiteit op die Internet te beskerm en dus is dit nie iets wat lig opgeneem moet word nie.
Hier is ‘n paar riglyne wat jou mag help.  Wanneer jy ‘n wagwoord kies, maak seker dat jy dit nie iewers wat maklik toeganklik is neerskryf nie.  Indien jy dit wel iewers neerskryf is ‘n goeie manier om jouself te beskerm deur ‘n klomp ekstra inligting neer te skryf en om te onthou watter deel van die inligting wat jy neergeskryf het die belangrike deel is.  Dit is natuurlik nog nie ideaal nie en op die ou einde van die dag is die veiligste om jou wagwoorde te onthou of om ‘n ingewikkelde kombinasie van hoofletter, kleinletters en syfers te gebruik. Maak asb seker te dat dit nie verband hou met jou naam, van of enige inligting wat direk aan jou gekoppel kan word nie.
Dit is ook definitief nie veilig om jou rekenaar te gebruik om die inligting te onthou nie.  Die belangrikste in my opinie is dat jy seker maak dat jy nooit die wagwoord van jou Internetbankdiens iewers neerskryf of op jou rekenaar stoor nie.  Dit is dalk moeilik om al die wagwoorde te onthou, maar dit sal moeiliker wees om jou geld terug te kry.

Posted via email from nico’s posterous