Ek kry ongelooflik baie eposse waarin mense my vra presies hoe hulle, hul besigheid op die web kan kry en dan ook op die web te kan bemark. Ek het vandag wees so epos gekry en ek dink die maklikste is om dalk net die hoof punte deur te gee. Ek gaan ook fokus op wat jy kan doen om dit heeltemal gratis te doen.
Daar is natuurlik opsies waarin jy ‘n paar rand kan betaal om dinge so ‘n bietjie beter te maak, maar ek sal ‘n volgende keer hierdie opsies noem. Eerstens moet jy darem jou op plekkie op die web kry waar jy mense van jou besigheid kan vertel. Jy kan vir jou ‘n blog opstel by www.wordpress.com of www.blogger.com. Jy dink dalk dat jy nie ‘n blog wil he nie, jy wil eerder ‘n website he, maar ‘n blog is maar eintlik ‘n website, hang net af hoe jy dit benader.
Begin nou deur inligting van jou besigheid in te voer en fotos op die blad te sit sodat mense darem sien wat jy het om te bied. Fotos is veral belangrik as jy ‘n gastehuis het en jy dit vir die 2010 sokker wil beskikbaar stel. Nou moet jy jou domainnaam registreer. Om dit gratis te doen kan jy na http://co.cc.
Registreer die naam van jou besigheid en gaan na setup en “forward” die adres na die webblad wat jy by WordPress of Blogger opgestel het. Van die name by co.cc is nie gratis nie dus moet jy mooi kyk vir die regte naam. Besigheidsname is gewoonlik gratis. Jy het nou klaar jou webblad opgestel en mense kan nou al gaan besoek afle op die web. Makliker was wat mens kan dink en nog sover 100% gratis. In verlede week se rubriek het ek die basiese stappe gegee om jou webblad op die web te kry. Soos ek toe ook gese het is daar baie ander opsies waarvoor jy kan betaal maar ek fokus nou net op alles wat 100% gratis is.
Nadat jy jou gratis blog/webblad opgestel het en gekoppel het aan jou domain is moet jy nou begin om jou webblad te bemark. Dit help tog nie jy het ‘n winkel en niemand weet waar jou winkel is nie. Dieselfde is waar vir op die web. Gaan eerstens na Google en “submit” jou webblad na Google. Daar is nog duisende ander soekenjins, maar Google is so dominant dat jy nie nodig het om werklik oor die ander bekommerd te wees nie.
Gaan nou na Facebook.com stel jou eie profiel op en skep dan vir jou besigheid ook ‘n blad op Facebook. Nooi nou jou vriende om aanhanges van jou die blad te word. Vra ook vir jou vriende om ook hierdie uitnodiging aan hul vriende te stuur. Maak seker dat jy ook ‘n klomp fotos en inligting op hierdie blad sit en ook ‘n skakel na die amptelike webblad wat jy opgestel het.
Volgende kan jy na Twitter.com gaan en vir jou besigheid en ook vir jouself ‘n gratis profiel skep. Onthou om ook hierdie profiel skakel op jou webblad en ook op jou Facebook blad te plaas sodat mense jou kan volg op Twitter. Wanneer jy dan spesiale aanbiedinge het of selfs net mense wil vertel van jou besigheid kan jy dit maklik doen. Onthou ook om op jou webblad ‘n vorm te sit sodat besoekers aan jou webblad kan inteken op ‘n nuusbrief. Jy kan dan die inligting wat jy deur Facebook en Twitter deurstuur ook per nuusbrief aan al die belangstellendes stuur. Jy bou dus ‘n sterk netwerk stukkie vir stukkie. Sover het jy ‘n webblad, webadres en direkte bemarkingsstroom opgestel en dit kos jou nog nie ‘n sent nie.
Ek beplan om indien daar belangstelling is ‘n workshop aan te bied waartydens ek stap vir stap deur hierdie proses werk. Sou jy belangstel moet jy my asb laat weet by info@clicksa.co.za.