EK klink al soos ’n plaat wat vashaak, want ek sê gereeld meer mense moet inligting in Afrikaans op die internet sit. Dit is nie net belangrik vir Afrikaans nie, maar ook vir al die ander tale in Suid-Afrika. Elke taal het verseker ’n plekkie op die internet en dit help nie om net agteroor te sit en te kla oor hoe daar niks in Afrikaans op die internet is nie.

Uitsaaines.co.za is ’n Afrikaanse radiostasie wat op die internet uitsaai. Ek het al ’n jaar of twee gelede daaroor geskryf. Soos verwag kan word, is hier- die eg Afrikaanse stasie nog al die pad op die inter- net en sy luistertal verhoog maandeliks. Die kanaal het daagliks ’n paar programme, maar vir die grootste deel van die dag speel daar lekker Afrikaanse musiek vir almal om na te luister.

Die hoofrede dat ek vandag weer oor Uitsaaines wil skryf, is omdat ek nou op Maandae en Donderdae ’n program op hierdie kanaal het. In dié program gesels ek oor dinge wat op die internet gebeur, ons gesels oor ’n paar nuwe webbladsye en dan speel ek natuurlik ook ’n hele klomp lekker liedjies. Ek speel maar heelwat musiek, want wie wil nou ’n uur lank net na my gebabbel luister? Wanneer jy na www.uitsaaines.co.za gaan, sal jy die skakels sien waarop jy kan kliek om te begin luister.

Ek dink die program is ’n wonderlike platform om almal wat vir my vrae stuur te antwoord. Dus wil ek julle aanmoedig om vir my al jul vrae te stuur en dan sal ek almal wat ek nie in die rubriek kan antwoord nie, daar antwoord. Dit gaan wonderlik wees om op die Net oor die Net te kan gesels.

Ek hoop dat jy ook van- dag deur my bydrae nog jou deel sal doen. Kom ons gee Afrikaans en al die ander tale in Suid-Afrika hul plek op die internet.

Www.uitsaaines.co.za

Nico Baird