Soos ek reeds voorheen geskryf het is dit tyd vir my om my selfoon weer op te dateer en weereens vir twee jaar myself in ‘n kontrak te begewe. Ongelukkig is selfone so duur dat die enigste manier om ‘n goeie selfoon te bekom is om dit op kontrak te neem.
Dit is hoekom ek vandag wil aanbeveel dat indien jy dan vir twee jaar ‘n selfoon gaan gebruik jy moet sekermaak dat jy die nuutste en beste selfoon wat jy kan bekostig moet aanskaf. In die wereld van tegnologie is twee jaar n baie lang tyd en as jy mooi dink sal jy besef hoe vinnig dinge in twee jaar verander wanneer dit by selfone kom.
Dit is ‘n wonderlike opwindende wereld, maar wanneer jy so persoonlik met ‘n toestel saamleef soos jou selfoon maak dit, dit juis soveel belangriker om seker te maak dat jy 100% gelukkig gaan wees met die telefoon wat jy kies.
Voldoen die telefoon in jou behoeftes? Hoe voel die telefoon in jou hand? Is die telefoon nie te swaar nie? Wil jy op die Internet gaan met jou selfoon of is dit werklik net vir bel?
Advies wat ek kan gee is dat jou foon by jou moet pas en nie jy by jou foon nie. Daar is baie telefone wat ongelooflike ekstras het, maar dit is nie altyd nodig vir jou selfoon om swaar gelaai te wees met funksies wat jy nie gebruik nie.
Maak ‘n lysie van jou behoeftes voor jy jou foon gaan kies en maak seker dat hy alles kan doen wat jy nodig het. Indien nie gaan jy later spyt wees en dan is dit te laat.
Ek is wel iemand wat hou van al die ekstras en ek gebruik my telefoon vir byna alles. Ek skryf volgende week oor die iPhone 4 wat hierdie vrygestel is. Ek het reeds vir my een aangeskaf en sal volgende week skryf oor my ervarings.
Link that I promised to the iTunes Voucher website : http://www.maximuscards.com/?ref=vwrk1ahqq7