New Products from Google and Apple – Repost
Dit voel deesdae vir my asof ek net altyd oor Apple of Google skryf, maar dit is hierdie twee maatskappye wat deurlopend nuwe produkte bekendstel en wat gereeld in die nuus is.
Die afgelope twee weke het Google hulle eie telefoon bekend gestel wat reeds in voorverkope die verkope van die iPhone verby gevat het. Anders as die iPhone word die foon deur verskillende vervaardigers, soos HTC, vervaardig. Die platform waarmee die foon werk is oop en kan deur enige ontwikkelaar verander en verbeter word. Hierdie foon sal ook binnekort internasionaal beskikbaar wees.
Soos met die iPhone het die G1 (Google Phone) ook ‘n magdom programmetjies wat jy kan aflaai en op die foon installer. Ek glo egter dat die hoeveelheid van hierdie programmetjies baie meer sal wees aangesien Google nie soos Apple ‘n beperking op die ontwikkelaars plaas wat dit ontwikkel nie. Die platform is ook gratis en kan van enige webblad verkoop word. Apple laat ontwikkelaars slegs toe om die programmetjies deur iTunes te verkoop.
Apple het ook Dinsdag hul nuwe reeks MacBook en MacBook Pro rekenaars bekend gestel. Hierdie nuwe rekenaar se omhulsel word uit een soliede stuk aluminium gesny en is ongelooflik dun en lig. Apple het ook baie geleer met die ontwikkeling van die MacBook Air en hierdie nuwe modelle is visueel baie mooi en sal die droom wees van enige gebruiker. Die sleutelbord is ook baie meer gevorderd as enige vorige MacBook. Apple het die kliek knoppies van die muis op die MacBook weggelaat en die hele “touch-pad” dien nou hierdie doel. Soos met alle Apple produkte is hierdie nuwe MacBook rekenaars weereens ‘n groot stap vooruit.
Apple weet wat hul gebruikers wil he en deurlopend verbaas hulle met innoverende ontwerp en funksionaliteit wat ongekend is in die algemene rekenaarmark.
Gaan kyk gerus na die nuwe rekenaars by www.apple.com.
----------------------------------------------------------------- This e-mail is subjected to the disclaimer that can be viewed at: * http://www.cut.ac.za/www/disclaimer/email_disclaimer -----------------------------------------------------------------