http://za.offerforge.com/z/14923/ZA1256

Dinsdagaand het apple ‘n verbeterde iPods aan die wereld bekend gestel. Apple het die afgelope paar jaar opspraak gemaak met uitsonderlike nuwe produkte en dit wil my voorkom asof hulle steeds vooruit gaan beweeg met innoverende ontwerp en funksionaliteit.

Ek gebruik 80% van my rekenaar tyd ‘n gewone Windows PC, maar wanneer ek werklik iets spesiaal wil doen is dit asof ek altyd oor beweeg na my Apple.  Die ontwerp en spoed waarteen grafiese werk op ‘n Apple gedoen word is net uitsonderlik.  Hierdie rubriek handel egter nie oor my gevoel teenoor ‘n Apple rekenaar nie, maar eerder oor die nuwe iPods wat weereens ‘n groot stap vooruit neem.

Die nuwe iPods is die nuwe iPod Nano wat ‘n uiters bekostigbare en kompakte iPod is.  Met ‘n groter skerm en beskikbaar in 8gig en ook 16 gig is dit ‘n wonderlike manier om jou musiek en video te geniet.  Iets wat ek nog nie in ‘n vorige iPod gesien het nie is dat indien jy hierdie iPod skud sal hy jou musiek in ‘n nuwe volorde terugspeel (ook bekend as random of shuffle mode)

Apple het ook hul nuwe iPod touch bekend gestel.  Ek gebruik die afgelope paar maande my iPod Touch en elke dag is ek verstom met wat hierdie produk alles bied.  Met ingeboude WiFi, en ‘n gebruikersvriendelike beheer meganisme is hierdie een van daardie produkte wat jou alles bied. Die nuwe Touch het nou ‘n ingeboude luidspreker wat die vorige weergawe nie gehad het nie.  Verder is dit beskikbaar in 8GB, 16 GB en 32GB.  Apple het ook die pryse van hierdie produkte aansienlik laat val.  Dit sal seker nog ‘n tydjie neem vir die verlaagte pryse om in Suid Afrika sigbaar te wees.

Besoek gerus www.apple.com om meer uit te vind van hierdie nuwe produkte.  En onthou as dit wat jy op die webblad lees jou asem wegslaan, sal jy jou asem heel verloor wanneer jy die produkte in jou hand het.

----------------------------------------------------------------- This e-mail is subjected to the disclaimer that can be viewed at: * http://www.cut.ac.za/www/disclaimer/email_disclaimer -----------------------------------------------------------------

Posted via email from nico’s posterous